Die speelgroep waar kleuters so
speel-speel al hoe slimmer word.
Klein Klassies
Klein klassies (vir individuele aandag). Ons beperk die aantal kleuters in elke klas en ook in die skool.
Halfdag
Speelgrond
Groot en veilige speelgrond met wye verskeidenheid speelgoed. Onderdak-sandput, klimrame, fietse, klimmuur en vele meer!
2 Jaar – Gr RR
Ons verwelkom kleuters
2 jaar – GrRR
(en in sommige gevalle vanaf 18mnde). 'n Volledige grRR program word gevolg vir die kleuters wat die volgende jaar na
grR gaan.
Personeel
Ons personeel is baie ervare en liefdevol met kwalifikasies, maar tog jonk en energiek genoeg om met woelige kindertjies te werk.
Sekuriteit
Goeie en streng sekuriteit word gehandhaaf by
Klein Sterretjies.
Christenskap
Ons is ‘n Christelike speelgroep waar personeel ons waardes uitleef en deel met die kleuters.
'n Dag by
Klein Sterretjies Speelgroep
ONS GLO IN SPEEL
Speel is die manier waarop ‘n kleuter die beste leer, sensories ontwikkel, kreatief bly, sosiaal en emosioneel groei, en motories ontwikkel. Daar is genoeg tyd vir vryspel deur die loop van die oggend. Ons help hulle om maatjies te maak, begelei hulle om speletjies te begin, en ons help selfs om modder te maak! Moet asb nie ‘n skoon en netjiese kleuter verwag aan die einde van die speelgroep dag nie – dan was daar dalk nie genoeg speel nie!