

Die speelgroep waar kleuters so
speel-speel al hoe slimmer word.
Buitemuurse Aktiwiteite
Dit is vir ons baie belangrik om seker te maak ons kleuters word blootgestel aan die regte rolmodelle en volwassenes.
Daarom maak ons baie seker dat dit oulike aanbieders van die verskillende buitemuurse aktiwiteite is.
Die volgende aktiwiteite en die persone wat dit kom aanbied is noukeurig uitgekies:
Playball
Maandae
12:00 – 12:30
Henk en sy span afrigters fokus op al die verskillende bal-sportsoorte. Basiese balvaardighede word mooi vasgelê. “Children thrive in our fun-filled, high quality sport lessons. Creating a learning environment, which boosts confidence and selfesteem, is paramount.” Your child will be coached to engage confidently in a wide range of sport skills preparing them for years of positive and competent sports participation.”
Little Readers
Dinsdae
12:00 – 12:30
Kleuters word op ‘n speelse manier blootgestel aan klankies en soos hul vorder ook aan woordbou.
Musiek – Anikanté
Woensdae
12:00 – 12:30
Anika is ‘n opgeleide musiekjuffrou met ‘n privaat musiekskool, ANIKANTÉ. Haar groepslessies vir kleuters is pret, leersaam en
oefen ritme en luistervaardighede ook in.
Geo se Sterre
Woensdae
12:30 – 13:00
Spesiaal vir die seuntjies. Aspekte van die belangrikste grootmotoriese boustene word ingeoefen en vasgelê. Middellynkruising, skouerversterking, beplanning en uithouvermoë is onder andere van die aspekte wat aandag geniet. Geo is ‘n entoesiastiese en goed gekwalifiseerde afrigter wat die mannetjies mooi motiveer.
Liezel Marais Dance Academy
Liezel het 'n wonderlike aanslag met die dogtertjies en hulle is mal oor haar.
Verbeelding, luistervaardighede en grootmotoriese vaardighede word veral deur ballet ingeoefen.
Donderdae
12:00 – 12:30