Die speelgroep waar kleuters so
speel-speel al hoe slimmer word.
Klassies
Klein klassies (vir individuele aandag). Ons beperk die aantal kinders in die skool tot 56, wat in drie klassies verdeel word.
Die Gogga-klas (by Amelia) is ingerig vir die jongste kleuters (18 mnde – 3 jariges), die middelgroepie (2 – 4 jariges) is in die Vissie-klas by Santie en die oudste kleuters (3 – 5 jariges) is in die Papegaai-klas by Minette.
Daar is ook twee voltydse assistente (Linky en Mary) wat handjie bysit. Die Gogga-klas se kleuters kom net op Maandae, Dinsdae, Woensdae en Donderdae speelgroep toe, terwyl die ander kleuters dit geniet om elke weeksdag te kom.
Opsies om 2 – 4 dae per week speelgroep by te woon. Oop op Maandae, Dinsdae, Woensdae en Donderdae.
Hul kom 5 dae per week. Hier speel en leer 3 – 4 jariges so lekker. Maksimum 20 kleuters
per klas.
Hul kom 5 dae per week. Maksimum 20 kleuters per klas. ‘n Volledige grRR program word gevolg vir die kleuters wat
die volgende jaar na grR gaan. Ons kry goeie terugvoer van die laerskole se grR personeel oor die hoë vlak waarop ons kleuters is as hul met grR begin, en dit terwyl hul so baie speel!