top of page
"So sê die mammas"

Wonderlike briefies van ons Sterretjie-mammas

"Klein Sterre was vir Charlotte ‘n veilige hawe – haar “safe space” waar sy gekoester en so geliefd gevoel het! Sy is al byna klaar met

graad 1 en sy vra STEEDS na haar juffrouens by Klein Sterre en wil baie graag weer by hulle gaan kuier! Ons ry selfs verby die skooltjie

op naweke - dit was haar lekkerste lekker waarna sy baie verlang!"

 

– Jeanne. (2014 – 2016)

“Juffrouens met sagte woorde en stywe drukkies. ‘n Skool waar ons speel-speel leêr.”

 

– Amoné en Lilani. (2013 – 2017)

“Klein sterretjies speelgroepie is uitstekend met die ontwikkeling en stimulering van ons seuntjie. Hy sien elke dag uit na skool en

die juffrouens se entoesiasme, omgee en liefde is skoon aansteeklik!”

 

– Hannell. (Vanaf 2017)

“Kon nie vir ‘n beter speelgroep vra nie, Liam geniet sy “maatjie kuier” ongelooflik baie en sien elke dag uit om te gaan. Hy leer so baie

en die halfdag opsie is ideaal vir my wat van die huis af werk” 

 

– Madeleine. (Vanaf 2017)

“Nico (Papegaai-Klas 2012) onthou hoe hy ‘n stukkie van die maan onder een van die swaaie ontdek het... Hy het dit nou nog. Hy het ook heerlik leeu-leeu gespeel langs die pophuis. Hy onthou ook hoe hulle granadillas kon eet wat gegroei het in die tuin.”

 

“Henk onthou vir Kersvader en dat hy kon boomklim”

“Iné (Papegaai 2015) het het haar beste maatjie daar gekry...  Dis eintlik by 3 van my kids die beste herinnering: hulle het hulle beste maats daar ontmoet, en daardie vriendskappe hou nou nog.”

“SJ (Papegaai 2009) onthou hoe hy erdwurms gevang het in die tuin... dit was so lekker dat hy gesê het hy wil ‘n wurmvanger word as

hy groot is op hulle kerskonsert”

“ ‘n Skool wat bestuur word deur ongelooflike vroue wat jou vriendinne word, en jou kinders oppas, lief het en opvoed soos hulle eie.”

 

– Elna

“Suné en Luan se lewens was diep geraak deur die wonderlike personeel van Klein Sterretjies. Die liefde vir kinder-opvoeding kan

duidelik gesien world deur al die gelukkige kinders!”

 

–  Suné (2016 – 2018). Luan (2017 – 2018)

 

“Klein sterretjies speelgroep het nie net klomp oulike kindertjies nie, die juffrouens is ‘n klomp groter sterre wat so baie omgee

vir ons kinders.”

 

– Elizma. (Vanaf 2018)

“Dit was en is die beste speelgroepie ooit!”

Tania

"Ons seuntjie het spesiale behoeftes en Amelia het nie eers twee maal gedink hoe die skooltjie ons kan akkommodeer nie.

Dietz floreer behoorlik onder die liefdevolle omgee hande van elke liewe personeellid! Dankie julle!!!"
 

Mamma

“Ons het baie buite gespeel en ons mag met modder gespeel het”

 

Marco (2014 – 2016)

"Klein Sterretjies is die beste speelgroepie met die beste en oulikste juffrouens PROPVOL liefde en omgee! Dankie vir elkeen van julle

wat 'n positiewe verskil in ons kinders se lewens maak."

 

 Mélanie Oosthuysen

"Om my dogtertjie af te laai elke oggend is net n plesier. Sy word met ope arms ontvang deur haar juffrou Amelia en kry elke oggend n stywe druk!
Sy het sommer dadelik tuis gevoel en vergeet soms om vir mamma totsien te se omdat sy so opgewonde is om al die maatjies te sien!
Ek laai my kleintjie met gemoedsrus af en weet sy is in veilige hande en ontvang tonne liefde en aandag."

Carina Swanepoel

bottom of page