Die speelgroep waar kleuters so
speel-speel al hoe slimmer word.
Die Klein Sterre Span
Klein Sterretjies se personeel werk as ‘n span saam. Ons koester uitstekende verhoudings met mekaar,
met al die kleuters en met die ouers. Ons werk as instrumente in Jesus se hande en sien dit as ‘n
voorreg dat Hy ons hier kan gebruik.
Amelia Snyman
(Hoof en Eienaar)
Ek is ‘n Opvoedkundige Sielkundige wat in 2002 die speelgroep begin het.
Die behoefte is raakgesien om mammas wat net halfdag werk of nie werk nie, se kleuters die geleentheid te gee om in ‘n kleiner, veilige omgewing te ontwikkel en gereed te word vir skool en die wêreld daar buite.
Emosionele welstand en emosionele ontwikkeling van kinders is my passie.
Kinders wat oor die algemeen nie gemaklik is met veranderinge of nuwe omgewings nie, doen verassend goed in ons opset.
Ons besef baie peuters was nog net tuis by mamma en buig agteroor om die aanpassing vir hul so maklik as moontlik te maak.
Jolandé du Preez
Minette du Preez
Minette is 'n gekwalifiseerde arbiedsterapeut. Sy is vanaf 2007 deel van Sterretjies, eers as 'n mamma waarna sy in 2015 'n Sterretjie-juffrou geword het.
Haar eie vier kinders was ook almal Sterretjies. Sy help veral om vroeë uitvalle op verskeie gebiede raak te sien en aan te spreek, voordat die kleuter agterstande mag ontwikkel.
Assistente
Ons Klein Sterre assistente is betroubare en eerlike dames met baie geduld en liefde.
Linky is werksaam by ons vanaf 2006 en Elsie vanaf 2019. Hulle ken die opset, die kleuters en ons
manier van werk en kommunikeer ook baie goed met die kleintjies.
Linky
Elsie
Jolandé het in 2020 by die Sterretjie-span aangesluit. Sy het haar BEd graad asook haar nagraadse honneurs graad in Leerderondersteuning, by Tukkies voltooi. Sy was vir 7 jaar 'n onderwyseres by Laerskool Garsfontein en daarna 'n
tuisbly-mamma vir haar tweeling.
Haar energie is aansteeklik en haar lag maak almal om haar vrolik. Sy verstaan kinders se harte en behoeftes baie goed en hanteer hul met soveel liefde.