

Die speelgroep waar kleuters so
speel-speel al hoe slimmer word.

Sterre Program
Klein Sterretjies bied elke week 'n ander tema vir die kleuters aan. Ons gebruik verskillende aktiwiteite wat
by die tema pas, om aan alle aspekte van hul ontwikkeling aandag te gee. Ons hoof-aktiwiteite kan soos
volg saamgevat word:
Indien kleuters geleentheid kry om met die regte speelgoed te speel, word hul so speel-speel al hoe slimmer.

Veral in vandag se tyd waar kinders al hoe minder buite speel, is hierdie aspek so belangrik. Huppel, kruip, touspring, eenbeentjie spring, bo-oor toue spring, met balle speel, ballanseer speletjies, aan hangringe hang, agteruit loop, op en af klim van klimrame, skopfietsie ry, hardloop, sakspring en vele meer.

Elke kind maak inligting deur sy 5 sintuie bymekaar. Deur die kinders bloot te stel aan verskeie mediums soos growwe klei, sand, selfs gaar spagetti, ontwikkel ons die tassisteem. Ons ontwikkel ons vestibulêre sisteem deur bollemakiesies en swaaie. Al hierdie, en verskeie ander aktiwiteite, leer die brein om sensoriese inligting wat hy ontvang, korrek te integreer en te verwerk.
